Skip to main content

Wo(o)rdslim | Jaco Jacobs

Prettige woordspeletjies vir kinders!

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

• Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport.

• Woordsoekblokke

• Spelspeletjies

• Letterblokke

• Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings agter in die boek.

Oor die skrywer

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 140 boeke vir tieners, kinders en kleuters! Talle van Jaco se boeke, soos sy tienerromans Suurlemoen! en Perfek, is topverkopers, en twee van sy boeke is reeds verfilm. Meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die CP Hoogenhoutmedalje, die Exclusive Books/IBBY-prys, die Tienie Hollowaymedalje en 24 ATKV-Kinderboektoekennings. In 2018 word twee van sy boeke wêreldwyd in Engels uitgegee: A Good Day for Climbing Trees en A Good Night for Shooting Zombies.

Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.