Skip to main content

Video Idees

Wie’s in jou span?

Dit kan meer as een mens verg om ’n video te maak. Elkeen speel ’n belangrike rol in die proses. As jy weet wat elkeen se rol behels, sal julle lekker saamwerk en beter resultate as ’n span verkry.

Die filmspan

Die regisseur moenie baasspelerig wees nie. Behandel elke lid van jou span met respek, Die eerste stap is om te weet wat elkeen se pligte is.

Vervaardiger
Die vervaardiger hou die projek aan die gang, van skootbeplanning tot om seker te maak almal weet waar hulle wanneer moet wees.

Regisseur
Die regisseur is die kreatiewe kaptein van die projek. Hy of sy lei, motiveer en bring die beste in die span na vore.

Kamerapersoon
Die kamerapersoon is in beheer van die ligte en kamera, dikwels saam met ’n span mense.

Draaiboekskrywer
Die draaiboekskrywer skryf die storie en dialoog.

Akteur
Die akteurs verskyn in die video. Hulle kan as karakters of as hulself optree.

Komponis
’n Komponis skryf musiek vir die video.

Klankopnemer
Die klankopnemer neem die klank op, monitor klankvlakke en stel die mikrofone op.

Helper (runner)
Die helper staan almal by deur take te verrig en hulp te verleen waar nodig.

Hare en grimering
’n Haarstilis en grimeerkunstenaar sorg vooraf dat die akteurs perfek lyk vir hul rolle.

Stilis
Die stilis werk saam met die haarstilis en grimeerkunstenaar, maar hy of sy konsentreer op die kostuums en bykomstighede.

Stelontwerper
Die stelontwerper sorg vir die ontwerp en bou van stelle vir die video.

Redigeerder
Ná alles verfilm is, voeg die redigeerder die materiaal saam in ’n finale produk.