Skip to main content

Uittreksel | Wild klop die liefde

Wild klop die liefde deur Frida Z

Dr. Emma Retief, ’n wildsveearts, moet haarself in ’n manswêreld bewys. Sy koop ’n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie.

Regardt het ’n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary.

Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Frida Z is ’n gekwalifiseerde veearts van Suid-Afrika. Sy woon tans in Colorado, Amerika, maar kom jaarliks terug na Afrika. Haar passie vir die kontinent se mense en diere dryf haar om die boodskap teen wildstropery te versprei. Die wilde romantiek van Afrika en haar eie ondervindinge is die inspirasie vir haar stories.

Klik hier vir nog boeke uit Frida se pen.