Skip to main content

Uittreksel | Wat die witbors wou sê

Wat die witbors wou sê deur Elmarie Dercksen

Jy weet nooit wat vir jou wag as jy die verlede opgrawe nie ...

Na haar onlangse egskeiding is Louise Rabe broos en onseker oor die toekoms. Dan sterf haar pa onverwags en alles stort in duie. Sy bedank haar werk en trek terug in by haar ma in Bloubergstrand, vanwaar sy probeer om die legkaart van haar lewe oor te bou.

Sy soek ondersteuning by haar tweelingbroer Frans, maar dié moet boer en sy eie familie onderhou. Kleinboet Simon is net al te gretig om aan te beweeg en sy stuk erfgrond te ontwikkel. Maar dan grawe die bouers ’n kind se gebeendere op, en alles kom tot stilstand. Wie was die kind? Waar kom hy vandaan? En hoekom is hy op hulle grond begrawe?

Die raaisel bied vir Louise afleiding en sy begin deur die familie se verlede te soek vir antwoorde. Maar wanneer sy begin krap, besef sy daar wag meer vir haar as wat sy kon raai.

Wat die witbors wou sê is ’n liriese verhaal oor families en die verledes wat hulle saamsnoer, die soeke na ’n tuiste en die herontdekking van liefde.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Elmarie Dercksen is ’n musikant, teoloog, skrywer en ma. Sy is ook predikant by die NG-kerk Bloubergstrand. Sy vertel haar hele lewe lank stories, en put kreatiwiteit uit haar nabye verhoudings met haar mense en gemeenskap.

Klik hier vir nog boeke uit Elmarie se pen.