Uittreksel | Wanneer jy sing
Wanneer jy sing deur Louise van der Merwe
Isobel Raadt se suiwer stem laat mense stom. Ná ’n traumatiese gebeurtenis en ’n onverwagte swangerskap, kies sy nie bitterheid nie, maar liefde en hoop – selfs al moet sy haar baba weggee sodat dié ’n beter lewe sal hê.
Dis Isobel se stem wat die musiekvervaardiger Markus Meyer eerste bekoor, maar haar situasie verwar hom.
Terwyl hy sukkel om sin te maak van pyn en geloof, is dit juis Isobel se stil deursettingsvermoë wat hom leer dat God steeds goed is.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Louise van der Merwe is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig ná drie woelige kinders. Sy is mal oor liefdesverhale en is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ook hoop in ’n donker, onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan, sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.
Klik hier vir nog boeke uit Louise se pen.