Skip to main content

Uittreksel | Vrou te koop

Vrou te koop deur Magdaleen Walters

Amelia Benson moet haar trots sluk toe haar skatryk verloofde haar op die markplein te koop aanbied. Sy het ’n keuse: keer terug na haar liefdelose stieffamilie en ruggraatlose pa of trou met Benjamin Roberts, die arbeider vir wie sy reeds snedig nee gesê het oor sy nederige agtergrond.

Nou is sy in Benjamin se ouerhuis weereens ’n buitestander – ’n bederfde rykmansdogter.

Nou moet sy ’n nuwe pad vind as sy Benjamin wil wys dat sy nie net ’n bedorwe brokkie is nie.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Magdaleen Walters is in ’n kasarm van ’n plaashuis in die goeie ou Vrystaat naby Senekal op mieliepap en stories grootgemaak. Sy het haar studentejare op die kampus van die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat deurgebring en later deur Unisa verder studeer. Sy woon saam met haar man in ’n huis langs ’n rivier naby Bronkhorstspruit waar sy haar dae vul met stories, naaldwerk, kosmaak en haar tuin.

Klik hier vir nog boeke uit Magdaleen se pen.