Uittreksel | Voëls van enerse vere
Voëls van enerse vere deur René van Zyl
Niekie Rabie is haar moeilike aktrise-suster, Irene, se oorwerkte assistent en val al jare lank vir Irene se miserabele akteur-ekse. Ná haar laaste traumatiese verhouding sweer sy alle mans af.
Toe die aksieheld Ruhan Arendse op die filmstel verskyn, bly Niekie ver uit sy pad, want Irene het die man vir haarself opgeëis. Ruhan laat hom egter nie voorskryf nie en sien Niekie raak in die skadu van haar suster, en ontdek haar talent.
Maar wat is sy motiewe?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
René van Zyl is ’n skrywer, blogger, oudjoernalis, en aweregse Mevrou Dominee. Sy en haar predikantman het twee volwasse dogters en ’n breingestremde seun. Hulle woon op ’n plaas in die skadu van die Magaliesberg op Hartbeespoort.
Klik hier vir nog boeke uit René se pen.