Skip to main content

Uittreksel | Soet rose, donker geheime

Soet rose, donker geheime deur Frenette van Wyk

Joernalis Gemma besoek die plaas Sangrose om ’n artikel oor ’n argeologiese vonds te skryf. Julien, die eienaar van Sangrose, se vrou het die labirint gevind en kort daarna haar lewe geneem.

Julien blameer homself vir haar dood en wil haar nagedagtenis onaangeraak bewaar. Tussen rose en dorings stamp Gemma en Julien koppe.

Hulle sal saam die waarheid in die oë moet kyk en verwerk, want net dan sal hulle weer vry en heel kan word – ook om ware liefde te kan aanvaar.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Frenette van Wyk skryf graag sprokies met die soort gelukkige eindes waarin elke vrou heimlik wil glo. Sy is ’n trotse ouma en woon in Pretoria saam met haar man. Haar verhale bied vir haar net soveel ontvlugting en avontuur as vir haar lesers.

Klik hier vir nog boeke uit Frenette se pen.