Skip to main content

Uittreksel | Skuldig

Skuldig deur Martin Steyn

’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.

Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien? Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer.

Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan Menck eerder wil vergeet.

Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog Skuldig in hulle eie bloed skryf?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Martin Steyn is een van die gewildste spanningsverhaalskrywers in Suid-Afrika. Hy is bekend daarvoor dat hy intrige, spanning en komplekse karakters op meesterlike wyse verweef. Ná sy bekroonde debuutroman, Donker spoor, het Skuldig, Swartval, Losprys en Donker water almal die topverkoperlyste gehaal.

Klik hier vir nog boeke uit Martin se pen.