Skip to main content

Uittreksel | Skimme en spoorsoekers

Skimme en spoorsoekers deur Martin Steyn

Alles voel verkeerd hier ...

’n Man staan op ’n brug, reg om te spring. ’n Geheimsinnige vrou verskyn snags langs die Knysna-meer. Twee tieners volg ’n vreemde lig en maak ’n donker ontdekking. ’n Stiefpa hou aan terugkom. ’n Boemelaar word wakker in ’n veranderde wêreld. ’n Meisie probeer haarself weer aanmekaarlas. ’n Ander een probeer haarself vermom. ’n Derde een worstel met die dood.

Alles voel verkeerd hier …

21 stories wat uit die donker verbeelding van Martin Steyn gekruip het, insluitend sy eerste gepubliseerde storie en ’n vervolgverhaal met AO Colin Menck (Donker spoor, Skuldig). Stories oor hunkering, trauma en onmoontlike keuses. Stories met donker draaie en wrang kinkels. Stories oor skimme en spoorsoekers.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Martin Steyn is een van die gewildste spanningsverhaalskrywers in Suid-Afrika. Hy is bekend daarvoor dat hy intrige, spanning en komplekse karakters op meesterlike wyse verweef. Ná sy bekroonde debuutroman, Donker spoor, het Skuldig, Swartval, Losprys en Donker water almal die topverkoperlyste gehaal.

Klik hier vir nog boeke uit Martin se pen.