Skip to main content

Uittreksel | Skattejag en skadukante

Skattejag en skadukante deur Malene Breytenbach

Elara Steyn, ’n navorser aan Stellenbosch Universiteit, besoek Kaap Nyala waar die marine-argeoloog Rowan Carter se duikspan die skeepswrak Eclipse verken. Die span hoop om die kroon van Almani in die wrak te vind.

Elara en Rowan voel aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie. Die soektog verloop ook nie sonder probleme nie. Smokkelaars soek die kroon vir ’n ryk versamelaar en daar is ’n verraaier in Rowan se span.

Al die drama vertroebel die water vir Rowan en Elara. Sal die liefde oorwin?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Dr Malene Breytenbach het in Zimbabwe gewoon totdat sy veertien jaar oud was. Haar gesin het toe na Pretoria verhuis waar sy matrikuleer het aan die Afrikaans Hoër Meisieskool. Sy het twee grade by die Universiteit van Pretoria verwerf, ’n BA (met hoofvakke Engels en Frans) en BA (Hons) (Engels) en het ook as vertaler gewerk. Malene en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit het en verdere grade verwerf het in Hons, Magister en DPhil in Joernalistiek, Meester in Antieke Nabye Oosterse Studies en MPhil in Antieke Studies. Malene het ook by die Universiteit van Stellenbosch gewerk, eers in Openbare Betrekkinge, toe Kommunikasie en daarna die Stellenbosch-stigting. Oor die jare het Malene al meer as sestig boeke en verskeie kortverhale geskryf.

Klik hier vir nog boeke uit Malene se pen.