Uittreksel | Serenade vir die hart
Serenade vir die hart deur Corné van Rooyen
Rinelda is gelukkig tussen haar verfkwaste en verf en haar nuutste muurskildery maak haar opgewonde. Maar net toe sy dink haar lewe kry koers, verskyn ’n skim uit die verlede.
Sewe jaar gelede het Ewald ’n nota op haar kussing gelos en verdwyn. Nou is hy terug en vasbeslote om haar terug te wen. Sy probeer hom vermy, maar hulle werk saam op boupersele. Hoe meer sy veg teen die aantrekkingskrag, hoe sterker word dit.
Gaan ’n misverstand hulle brose serenade vernietig?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees
Meer oor die skrywer
Corné was as jong meisie op Paulpietersburg al baie lief vir lees en het daarvan gedroom om skrywer te word. In 2016 is haar droom bewaarheid toe haar eerste roman, Testament van liefde, gepubliseer is. Sedertdien het verskeie ander boeke gevolg.
Klik hier vir nog boeke uit Corné se pen.