Skip to main content

Uittreksel | Raaiselman

Raaiselman deur Salma Swanepoel

Alana Rothman se lewe verander toe Roux op die masseertafel in haar skoonheidsalon beland. Die volgende week daag hy weer vir ’n ander behandeling op. Gou besef Alana sy is verlief op hom.

Toe dit duidelik word dat iemand die salon saboteer, verdink Alana heel eerste vir Roux, omdat die eerste insident plaasgevind het op die dag wat hy vir sy eerste behandeling daar was en omdat hy nie ’n tipiese kliënt is nie.

Wat steek hy weg? En is hy werklik die saboteur?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Salma Swanepoel hou daarvan om tussen haar mense te wees. Sy geniet eenvoud en orde, al ontwyk laasgenoemde haar gedurig, en sy het ’n lawwe streep wat nie altyd bedwing wil word nie. Salma glo ’n mens het daagliks geloof, hoop, genade en liefde nodig om te oorleef. Sy probeer verhale skryf wat elk ’n stukkie ewigheidswaarde sowel as humor bevat.

Klik hier vir nog boeke uit Salma se pen.