Uittreksel | Onwaarskynlike Cupido
Onwaarskynlike Cupido deur Bets Smith
Toe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer, bied haar peetma se erflating ’n nuwe begin. Saam met die huis op Soutbosbaai erf Renske vir Tippie, die optelhond, en die buurman, Rocco du Randt.
Weens haar vorige ondervinding verwar Renske Rocco se sorgsaamheid aanvanklik met voorskriftelikheid. Maar die troeteldiere dwing hulle toenemend in mekaar se geselskap sodat ’n gemaklike vriendskap tog ontwikkel.
Sal hulle betyds besef die lewe is te kosbaar om op misverstande te vermors?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Bets woon sedert 2018 dolgelukkig in die Suidkaap. Sy glo liefde het helende krag, daarom is liefdevolle verhoudings binne gesinne, tussen vriende, verliefdes en ook die mens se spesiale band met sy troeteldier belangrik in haar stories.
Klik hier vir nog boeke uit Bets se pen.