Skip to main content

Uittreksel | Om ’n hart te verower

Om ’n hart te verower deur Ciska Olivier

Lillian is desperaat om haar huwelik te red. Sy het die motorongeluk veroorsaak waarin haar man, Leon, geskend is, en hy vertrou haar nie meer nie. Het geheueverlies en is seker sy sal beter verstaan as sy net kan onthou.

Dat Leon haar darem nog begeer is ’n skrale troos, want wat is lyflike plesier wanneer daar soveel onenigheid tussen hulle heers?

Dan is daar ook Leon se rokjagter-broer wat die water kom vertroebel en twee mooi vroue wat vir Leon se aandag bie.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Ciska Olivier is ’n plaaskind van Namibië wat in haar eie wêreld van lees en skryf geleef het totdat sy haar eie storieboekheld ontmoet het. Hulle is lief vir kampeer, visvang en om nuwe plekke te ontdek. Dis op hulle omswerwinge waar Ciska dikwels inspirasie kry vir nuwe verhale.

Klik hier vir nog boeke uit Ciska se pen.