Uittreksel | Om Leah veilig te hou
Om Leah veilig te hou deur Elsa Winckler
Veilige hawe vir liefde
Leah Roelofse werk op haar uitgewer se aandrang saam met krimiskrywer Arend Bosman aan ’n moordtoneel in haar liefdesverhaal. Die skurke oor wie Arend se nuwe misdaadroman handel, spoor vir Leah by sy huis op. Arend besluit om saam met haar op ’n veilige plek te bly totdat die misdadigers wat hulle bedreig gevang word. Sy krimi benodig onverwags ’n liefdestoneel, een waarmee Leah hom kan help. Om dae lank saam met Leah in die klein woonstel te werk, raak egter baie vinnig baie gekompliseerd.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.
Klik hier vir nog boeke uit Elsa se pen.