Skip to main content

Uittreksel | Net ek

Net ek deur Zinèt Oosthuizen

Daar is niks wat Leola so ontstel soos bedrog nie, en as dit nie was dat Wian haar vooraf van haar voete af geswiep het nie, sou sy hom baie moeiliker vergewe het toe hy haar werk as veearts in Bloubosch kom oorneem.

Toe Wian se erfhuis in ’n bosbrand vernietig word, nooi Leola hom om tydelik by haar in te trek.

Gou besef sy die “saamblyery” is glad nie goed vir haar siel, verstand of hart nie.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Zinèt Oosthuizen het al op ’n vroeë ouderdom die droomwêreld van lees ontdek en was op skool en universiteit die redaktrise van hierdie instansies se koerantjies. Sy het haar droomman op universiteit ontmoet en haar tuisdorp in Natal verruil vir die lewe in Gauteng saam met haar man en hul geskenkie-kind. Alhoewel sy baie lief vir taal-aktiwiteite is, spandeer sy die meerderheid van haar tyd as finansiële bestuurder. Sy spandeer haar vrye tyd met die aangename en eenvoudige dinge van die lewe, hou van kuns en wanneer sy met vakansie gaan, is dit met ‘n paar romantiese liefdesverhale heelbo in die tas gepak! Sy geniet dit om gereeld deur verhale weg te breek van die gejaag van die syferwêreld.

Klik hier vir nog boeke uit Zinèt se pen.