Skip to main content

Uittreksel | ’n Soen op sy tyd

’n Soen op sy tyd deur Frenette van Wyk

Catryn wil nie met ’n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin.

Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke.

Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig. Sal hulle die vuurproef deurstaan?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Frenette van Wyk skryf graag sprokies met die soort gelukkige eindes waarin elke vrou heimlik wil glo. Sy is ’n trotse ouma en woon in Pretoria saam met haar man. Haar verhale bied vir haar net soveel ontvlugting en avontuur as vir haar lesers.

Klik hier vir nog boeke uit Frenette se pen.