Uittreksel | ’n Skuilplek vir Sofie
’n Skuilplek vir Sofie deur Elsa Winckler
Sofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, ’n beheervraat en skynbaar ’n rokjagter.
Trou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in ’n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake.
Is dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.
Klik hier vir nog boeke uit Elsa se pen.