Skip to main content

Uittreksel | ’n Skatkis vol drome

’n Skatkis vol drome deur Corné van Rooyen

Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word. Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan ’n dobbelbaas beloof om sy skuld af te betaal.

Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot haar redding kom met ’n vreemde huweliksaanbod. Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke.

Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Corné van Rooyen is in Pretoria gebore en het later grootgeword in Paulpietersburg. Sy was nog altyd baie lief vir lees en het van jongs af stories geskryf wat sy haar susters máák lees het. Corné wou nog altyd graag ’n skrywer gewees het en het gedroom oor die dag wanneer sy haar naam op boeke in boekwinkels sou sien.

Klik hier vir nog boeke uit Corné se pen.