Skip to main content

Uittreksel | ’n Laaste noodvlug

’n Laaste noodvlug deur Jaco Versfeld

Melanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens ’n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier, wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe – en haar hart – binne terwyl sy herstel.

Nie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind haar ma het nie altyd die waarheid oor hom gepraat nie.

Kan Melanie op die dodelike aantreklike Ben vertrou in ’n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Jaco Versfeld bly in Pretoria en is ’n joernalis. As hy nie lees nie, sit hy stories op papier. Hy en sy vrou probeer so tussen die boeke deur om ’n laatlam-pensioenvreter deur die laerskool te kry.

Klik hier vir nog boeke uit Jaco se pen.