Skip to main content

Uittreksel | My hart klop so

My hart klop so deur Rachelle Fourie

Rachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish! waar sy kykers se harte verower het. In haar boek My hart klop so deel sy haar besonderse lewensverhaal en haar pad van geloof, roeping en identiteit.

In haar vroeë twintigs moes Rachelle 'n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met 'n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het.

Deesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as 'n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Rachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar rol in die kykN program Op My Eish!, waar haar opregtheid, geloofsgebaseerde lewensbeskouing en sagte persoonlikheid haar 'n gunsteling onder kykers gemaak het. In 2024 is sy aangewys as die Silwerskermfees se TV-persoonlikheid van die jaar. Na 'n lewensveranderende hartoperasie het sy in haar roeping verdiep om vroue en jong meisies te begelei om hul identiteit in Jesus te ontdek en innerlike genesing te ervaar. Sy het 'n groot sosiale media-aanhang, tree gereeld as spreker by geleenthede op en deel passievol haar geloofsreis, insigte en inspirasie met ander.

Klik hier vir nog boeke uit Rachelle se pen.