Skip to main content

Uittreksel | My bestemde beminde

My bestemde beminde deur Beatrix Smith

Toe Lilihanna se kêrel haar in die openbaar afsê, maak Sebastian haar ’n aanbod: As sy as model sal optree in ’n advertensie vir sy spa, kry sy ’n gratis oormaaksessie en ’n week se pamperlang daarby.

Lilihanna stem in, en gou is sy en Sebastian smoorverlief. Die enigste vlieg in die salf is sy beeldskone assistent wat duidelik self ’n oog op Sebastian het.

Lilihanna moet besluit of sy gaan toelaat dat ’n misverstand hulle liefde kelder, en of sy vir hul geluk gaan veg.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Beatrix Smith woon in Pretoria. As ’n boekwurm was dit haar droom om te kon skryf soos haar gunstelingskrywers. Sy is dankbaar vir elke geleentheid om agter haar rekenaar in te skuif, in die koppe van haar karakters in te klim en hul stories te vertel.

Klik hier vir nog boeke uit Beatrix se pen.