Uittreksel | Maanskyn en brandewyn
Maanskyn en brandewyn deur Cecilia Nortjé
Ná ’n mislukte huwelik en jare in die buiteland, besluit Trix om haar lewenskoers te verander. Sy word ’n grimeerkunstenaar op die Wes-Kaapse platteland. Haar eerste kliënt, ’n teësinnige bruid, veroorsaak konflik met die bruid se ouboet, Ray.
Ray is toevallig Trix se nuwe buurman en eienaar van Landauer Distilleerders. Hy wil Trix se plasie hê en begin ’n romanse met haar. Toe dinge versuur, maak Trix uit weerwraak ’n mampoer-proelokaal langs sy distilleerdery oop.
Kan maanskyn en brandewyn versoen?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Cecilia Nortjé is lektor in die week en skrywer oor naweke. Sy hou van katte, ʼn blik skelm kondensmelk en vuurmaak met fynhoutjies en koerantpapier. Al beskryf sy haarself as sinies, het sy ʼn groot swakplek vir romanse.
Klik hier vir nog boeke uit Cecilia se pen.