Skip to main content

Uittreksel | Maanschijnbaai 1: Jo en Sue

Maanschijnbaai 1: Jo en Sue deur Chanette Paul

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V.

Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak.

Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan ’n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap van al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgedank is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.

Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Chanette Paul is die bekende en gerekende skrywer van topverkopers soos Murasie, Marilyn en Offerlam. Sy woon op die Tuinroete saam met haar geliefde Blom. Anoniem, haar 50ste roman, is steeds ’n topverkoper

Klik hier vir nog boeke uit Chanette se pen.