Skip to main content

Uittreksel | Liefste Kersvader

Liefste Kersvader deur Dina Botha

Sal Kersvader die jaar vir Danielle ’n man stuur?

Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit Noordpool toe. Maar die briefies is anoniem. Hoe sal Kersvader weet Danielle is die een wat vir ’n man vra?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Dina Botha skryf al elf jaar lank liefdesverhale met ’n string titels agter haar naam. Sy verslind al van skool af Ena Murray, Elmar Steyn en ander romanseskrywers, en het ná jare se wik en weeg uiteindelik die moed bymekaargeskraap om self te skryf.

Klik hier vir nog boeke uit Dina se pen.