Uittreksel | Liefste buurmeisie
Liefste buurmeisie deur Magda Schmidt
Wilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas. Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk, maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou.
Nou is hy ná vyf jaar terug in die distrik en verbasend genoeg steeds ongetroud. Wilmarié het met haar lewe aangegaan en die skoolhoof stel deesdae in haar belang.
Nou moet sy besluit of sy vir Dirk kan vergewe en of hulle weer vriende of dalk selfs meer kan wees.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Magda Schmidt was vir 20 jaar dosent in Afrikaans voordat sy afgetree het om heeltyds stories te skryf. Sy is van kleins af dol oor liefdesverhale en is ’n gebore romantikus.
Klik hier vir nog boeke uit Magda se pen.