Uittreksel | Liefdesdroom
Liefdesdroom deur Bets Smith
Ná ’n onaangename insident by die werk, bedank Ané. Op ’n toeoogafspraak ontmoet sy vir Reinhard. Toe hy hoor sy is werkloos, bied hy haar ’n navorsingspos aan wat sy aanvaar omdat sy empatie en begrip haar oorrompel. Ondanks hul verskille, voel sy aangetrokke tot hom.
Hy glo egter sy beperkings staan in die pad van ’n ernstige verhouding. Nie eens ’n tandemfietsrit, ’n besoek aan sy geboorteplaas of ’n romantiese aand kan hom oortuig nie.
Sal ’n lewensgevaarlike insident sy skanse platvee?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Bets Smith skryf liefdesverhale omdat sy in gelukkige eindes glo. Sy woon in die Suid-Kaap waar die muse haar gereeld besoek met inspirasie wat sy graag met haar lesers deel.
Klik hier vir nog boeke uit Bets se pen.