Skip to main content

Uittreksel | Liefde uit die puin

Liefde uit die puin deur Naretha Franken

Jong dokters Mia en Dolf word vir drie dae in ’n hysbak vasgevang ná ’n ontploffing. Hulle leer mekaar in daardie put van vrees en pyn ken.

Ná hul redding, neem Dolf se ouers hom Kanada toe. Mia herstel nog, toe sy uitvind sy is swanger.

Toe hul paaie nege jaar later weer kruis, keer die herinneringe stadig na Mia terug. Maar hoe vertel sy vir haar seuntjie dat sy pa leef? En wat van Dolf wat nie eens weet hy is pa nie?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Naretha woon in Brackenfell in Kaapstad. Sy skryf graag liefdesverhale wat in hospitale afspeel, omdat sy vreeslik graag wou verpleeg het en toe nooit die droom kon vervul het nie. Nou leef sy haar droom uit in haar boeke, waar die liefde in teaters en spreekkamers seëvier.

Klik hier vir nog boeke uit Naretha se pen.