Uittreksel | Leer my leef
Leer my leef deur Louise van der Merwe
Juanita Goosen erf haar ouers se gastehuis in ’n kusdorpie en vind vrede in eenvoud. Viljoen Kleynhans, ryk en gerekend, ervaar die wreedste verraad en vlug blindelings. Hy laat alles agter en kom uiteindelik by Juanita se gastehuis uit.
In haar wêreld vind hy betowering wat geld nie kan koop nie, terwyl sy ’n hunkering na meer as oorlewing ontdek. Twee vreemdelinge, een dorpie, en ’n passie wat hulle uitdaag om reëls te breek.
Soms is die lewe wat jy nooit beplan het nie die moeite werd.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Louise van der Merwe is van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Sy is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig ná drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale en is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ook hoop in ’n donker, onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan, sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.
Klik hier vir nog boeke uit Louise se pen.