Skip to main content

Uittreksel | Langpadliefde

Langpadliefde deur Madelie Human

Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise, sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom.

Renise het ’n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie. Sal hul liefde hierdie nuwe toets deurstaan?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Madelie het uit die onderwys getree om iets te doen wat haar vreugde verskaf – om liefdesverhale te skryf. Sy woon tans in die Bosveld waar sy en haar man hul eie liefdesverhaal uitleef.

Klik hier vir nog boeke uit Madelie se pen.