Uittreksel | Kortpadliefde
Kortpadliefde deur Madelie Human
Lani rebelleer teen haar ouers wat haar ’n konsertpianis wil maak en gebruik haar musiektalent om popmusiekliedjies te skryf. Sy werk as kelnerin en trek rond om haar ouers te ontduik.
Elliot leef rustig en georden totdat hy Lani, ’n ryloper met ’n ghitaar, oplaai. Sy is die teenoorgestelde van sy ideale vrou, maar maak iets in hom wakker. Hy glo nie aan liefde met die eerste oogopslag nie, maar sy hart vat kortpad.
Gaan hy sy hart se wens kan weerstaan?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Madelie het uit die onderwys getree om iets te doen wat haar vreugde verskaf – om liefdesverhale te skryf. Sy woon tans in die Bosveld waar sy en haar man hul eie liefdesverhaal uitleef.
Klik hier vir nog boeke uit Madelie se pen.