Uittreksel | Klopdans van die hart
Klopdans van die hart deur René van Zyl
Caitlin Fitzgerald is ’n dromer, leser en ewige student. Haar lewe neem egter ’n onbeplande draai toe sy weke ná ’n gesellige aand saam met ’n vreemdeling, Aiden Kennedy, besef dat sy swanger is. Caitlin se snobistiese en liefdelose ma dwing die twee om na ’n wegbreek vir paartjies in Ierland te gaan in die hoop dat hulle sal trou.
Caitlin en Aiden is bang om hul ouers se foute te herhaal. Maar Ierland se romantiese landskap oefen sy eie invloed uit.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
René van Zyl is ’n skrywer, blogger, oudjoernalis, en aweregse Mevrou Dominee. Sy en haar predi-kantman het twee volwasse dogters en ’n breingestremde seun. Hulle woon op ’n plaas in die skadu van die Magaliesberg op Hartbeespoort.
Klik hier vir nog boeke uit René se pen.