Skip to main content

Uittreksel | Karoo-koors

Karoo-koors deur Zinèt Oosthuizen

Dariyah moet terugkeer na haar erfplaas in die Noordkaap, want sy het geen ander heenkome nie. Alles het egter op die plaas verander. Nou móét sy eenvoudig Addersholte se onbeskofte nuwe plaasbestuurder, Cuhan, aanvaar.

Dariyah is die regmatige eienaar, maar Cuhan steek ’n stokkie voor elk van haar planne. Sake verander egter toe die eerste reën neersak en hulle ’n vurige soen deel.

Toe die son weer uitkom, probeer Dariyah haarself oortuig niks het verander nie.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Zinèt Oostuizen is op haar gelukkigste wanneer sy haar pragtige land kan verken. Tussendeur werk en leef sy sodat sy die mooi om haar kan geniet. Sy is mal oor lees, bak en brou, maar die liefde is die belangrikste van alles.

Klik hier vir nog boeke uit Zinèt se pen.