Skip to main content

Uittreksel | Jagspinnekop

Jagspinnekop deur Erla Diedericks

Moeg vir ’n koue bed? Ons ken net die plek.

Smooch is ’n gewilde platform vir mense opsoek na ... meer. Daar kan jy wees net wie jy wil. Sê net wat jy wil. Flankeer met wie jy wil.

Maar Suzette Fourie weet daar is ’n donker kant aan hierdie interaksies. As profileerder weet sy van die moorde. Vrouens uit die voorstede van Kaapstad. Elkeen ongelukkig met hulle liefdeslewe. Elkeen vermoor en gevind in ’n veld. Elkeen gemerk met die grillerige kenteken van die moordenaar.

Die media noem hom die Jagspinnekop. En Suzette weet hy gebruik hierdie platforms as sy jagveld. Dis waar hy weerlose vrouens opspoor. En sy aptyt blyk eindeloos.

Nou moet sy hom plattrek voor hy sy tande in die volgende slagoffer kan slaan.

Jagspinnekop is ’n onheilspellende spanningsverhaal vir die moderne era wat diep onder jou vel in gaan kruip.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Erla Diedericks is die skrywer van die naelbytrillers Salemstraat en Swyg. Sy het ook talle ander gewilde titels op haar kerfstok waaronder Dominique en Die bewonderaar. Voordat sy begin boeke skryf het, was Erla ’n verslaggewer en rubriekskrywer vir feitlik elke publikasie onder die son, insluitend Playboy. Sy en haar seun woon in die Kaap.

Klik hier vir nog boeke uit Erla se pen.