Uittreksel | Innie skylte vannie Jirre
Griekwapsalms
Psalm 1
Vrede is nou dielike mense
wattie altoos net wil sit lyster
virrie godlooslike storiese
ommie viere vannie syperse!
Nee, hille lewe nou mettie Woord saam;
hille se monde praat nettie Jirre se naam.
Hille groei woes sosse groen karee
wat virrie mense hy se koeltese gjee!
Ma sos kaf issie sleg man:
hy waai weg as jy hom wan.
Droog issie godlooslike mense dwarsderie jaar,
marrie Jirre se kjent, nee, die worre nou ytgespaar!
Psalm 6
Ag, Jirre, moet my nou net seblief
nie wil staat straf as U kwaad issie,
bêre tog net U se kats weg!
Jelp my as ek so sieklik voel,
en maak my liewerster gesond.
Jirre, die ou bene die is bekwaald,
en my siel het groot geloop geskrik.
Ag, Jirre, toe wanner toe nog?
Kom nou eers wee bietjie trig
en kom red hierie siel van my.
Oorlat U nou regtiglik goed is,
want ek kan U mos nou niks prysig
as ek die dag geloop dood hettie.
Jirre, kyk, ek is nou op gesug
en ek het my kooigoed nat gehyl,
my oge het gestaat dof geraak
vannie vyand hie innie omtes.
Loop voetsek net, alman van jille,
want onse Jirre het my klagte gehoor:
jille sal vi jille alman staat doodskrik
en skaam-skaam daatlik loop omdraai!
Psalm 8
Jirre, dasie ’n lantie so ver of woes geleë,
sos dié sandland wat U nou vi my kom gjee,
want selfs in hierie droë annerlikeit
groei die gemsbokkomkommer van U se heerlikeit