Skip to main content

Uittreksel | In ’n sprokie verweef

In ’n sprokie verweef deur Rina Cilliers

Soms verdwaal jy in jou eie sprokie

Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierberge word gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogte vrygesel. Hy kom tot haar redding wanneer sy bergop stap en verdwaal. Sy wil nie los drade hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Rina Cilliers en haar man is afgetree tussen die mooie Hartenbos se duine. Sy leef haar uit in die skep en skryf van liefdesverhale en glo dat die liefde werklik enigiets kan oorwin.

Klik hier vir nog boeke uit Rina se pen.