Skip to main content

Uittreksel | In ’n oomblik

In ’n oomblik deur Elsa Winckler

Kirsten du Bois is oortuig sy gaan bevorder word omdat sy hard werk. Haar baas reken egter sy is nie spontaan en warm genoeg met die kliënte nie en iemand anders kry die pos. Om te bewys sy kan spontaan wees, aanvaar sy haar susters se uitdaging om aan ’n wildvreemde man se hand te vat.

Marnus Grobbelaar, erfgenaam van ’n hotelgroep, het ’n verloofde nodig voor sy pa hom sal toelaat om die besigheid oor te neem.

Marnus oortuig Kirsten om te maak of hulle verloof is, maar die lyn tussen kamma en rêrig raak vinnig dof.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde

Klik hier vir nog boeke uit Elsa se pen.