Skip to main content

Uittreksel | Hoe ver is eendag?

Hoe ver is eendag? deur Dina Botha

Terwyl Belladonna se bestuurder wittebrood hou neem Enya Joubert as bestuurder van die afspraaktoepassing waar. Enya Joubert is gewoond om agter die skerms te werk en kommunikasie met regte mense is nie haar sterk punt nie.

Nou dreig Keenan Luyt die agentskap met regsaksie nadat sy suster wreed bedrieg is deur ’n man wat sy op Belladonna ontmoet het. Keenan gee Enya een kans om die situasie reg te stel en sy suster uit haar diep depressie te red.

Gaan sy Belladonna en haar eie hart kan beskerm?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Dina Botha skryf al twaalf jaar lank liefdesverhale met ’n string titels agter haar naam. Sy verslind al van skool af Ena Murray, Elmar Steyn en ander romanseskrywers, en het ná jare se wik en weeg uiteindelik die moed bymekaargeskraap om self te skryf.

Klik hier vir nog boeke uit Dina Botha se pen.