Skip to main content

Uittreksel | Hoe lank is vir altyd?

Hoe lank is vir altyd? deur Dina Botha

Belladonna, Krista Joubert se dating-agentskap, moet so gou moontlik vir Andreas Meyer ’n vrou vind. Hy moet binne ses weke trou, of hy verbeur ’n groot erfporsie.

Toe Krista nie betyds iemand kan vind nie, bied sy self aan om ’n ring aan sy vinger te steek. Andreas maak dit duidelik: Hy glo nie juis in die liefde nie.

Die hart weet egter wat die hart wil hê en Krista moet uiteindelik vra: Hoe lank is Andreas se “vir altyd”?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Dina Botha is ’n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir ’n hart, verskyn. Sy het oor die 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam.

Klik hier vir nog boeke uit Dina se pen.