Uittreksel | Helma van Rooibos
Helma van Rooibos deur Jaco Versfeld
Helma bevind haar in Frankryk ná ’n mislukte verlowing. Teen haar beterwete raak sy betrokke by die selfversekerde Thomas Uys, al is hy vaag oor sy eie lewe.
Tydens ’n krisis waag Helma dit om op Thomas te steun, net om uit te vind dat alles wat hy voorgegee het ’n leuen was. Hulle kan mekaar egter nie vermy nie en haar gevoelens versterk net terwyl sy die ware Thomas leer ken.
Voel Thomas dieselfde of gebruik hy haar net?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Jaco Versfeld bly in Pretoria en is ’n joernalis. As hy nie lees nie, sit hy stories op papier. Hy en sy vrou probeer so tussen die boeke deur om ’n laatlam-pensioenvreter deur die laerskool te kry.
Klik hier vir nog boeke uit Jaco se pen.