Skip to main content

Uittreksel | Harte in harmonie

Harte in harmonie deur Felicia Snyman

Ná haar musikantpa se dood en ’n liefdesteleurstelling, leef Elara Hartwell vir haar werk as ouditeur. Toe sy gevra word om liedjies te skryf vir sanger Marko Roos, verander alles.

Marko, ’n gebore swerwer, vind in Elara iets wat hom laat twyfel aan die lewe wat hy ken — en vir die eerste keer vra hy homself af of konstante beweging regtig vryheid beteken.

Maar kan ’n man wat gewoond is aan vlug, regtig stilstaan? En kan Elara waag om weer lief te hê?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Felicia Snyman is in Springs gebore en is tans ’n prokureur en voltydse dosent in regsgeleerdheid. Van die inspirasie vir haar skryfwerk spruit uit haar werk as ’n egskeidingsprokureur en gesprekke met haar hartsmense. Sy sien die hartseer gedeeltes van ander raak waarin daar soveel potensiaal vir ’n gelukkige einde opgesluit lê. Sy woon in Centurion saam met haar man en kinders.

Klik hier vir nog boeke uit Felicia se pen.