Skip to main content

Uittreksel | Dubbelspel vir haar hart

Dubbelspel vir haar hart deur Tosca de Villiers

Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskunde-onderrig en om geld in te samel vir die matriekafskeid.

Sy wil nie weer ’n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde ’n kans gee, en Neels soek ’n vrou wat orrel kan speel.

Wie gaan haar hart wen?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.


Meer oor die skrywer

Tosca de Villiers en haar kat – die een wat die stories spin wat sy neerskryf – bly afwisselend in Pretoria en Bloemfontein. Sy werk dikwels as ekonoom, maar om van die wrede werklikheid en strakheid van syfers te ontsnap, lees en skryf sy liefdesverhale.

Klik hier vir nog boeke uit Tosca se pen.