Skip to main content

Uittreksel | Die vrywilligers

Die vrywilligers deur Malene Breytenbach

Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, om ’n ambulans na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as verpleegsters.

Dokter Campbell se seun, Rory, onderbreek sy mediese studies in Skotland om by die ambulanspoging aan te sluit. Op pad na Pretoria ontmoet hy drie Russe wat as vrywilligers aan die Boerekant gaan veg, insluitend Ivan van Sint Petersburg.

Soos die oorlog groei en baie gewondes in Eleanor se sorg kom, word haar geloof geskud deur die gruwels van die oorlog, die geweld en die verlies. Wanneer Ivan in die Slag van Elandslaagte gewond word, versorg Eleanor hom. Gedurende hierdie tyd raak hulle verlief, maar hulle besef gou dat daar te veel struikelblokke tussen hulle liefde staan. Tydens die onrus van die oorlog word Eleanor mislei en sy glo dat Ivan gesterf het.

Ná die oorlog bly Eleanor ongetroud en help sy haar moeder as vroedvrou in haar praktyk. Maar, in 1919, verskyn Ivan weer ...

Klik hier om die eerste twee hoofstukke te lees.


Meer oor die skrywer

Dr Malene Breytenbach het in Zimbabwe gewoon totdat sy veertien jaar oud was. Haar gesin het toe na Pretoria verhuis waar sy matrikuleer het aan die Afrikaans Hoër Meisieskool. Sy het twee grade by die Universiteit van Pretoria verwerf, ’n BA (met hoofvakke Engels en Frans) en BA (Hons) (Engels) en het ook as vertaler gewerk.

Klik hier vir nog boeke uit Malene se pen.