Uittreksel | Die geheime van effektiewe gebed
Die geheime van effektiewe gebed deur Stephan Joubert
Baie gelowiges voel soms asof God slegs sommige van hulle gebede verhoor, en ander nie. Of dalk voel dit selfs asof jou gebede nooit beantwoord word nie, terwyl dit lyk asof ander mense sonder faal antwoorde en resultate ontvang wanneer hulle bid. Baie kinders van God voel moedeloos oor hul gebedslewe en wonder dikwels, “Bid ek reg? Waarom voel dit partykeer asof my gebede nie verder as die plafon gaan nie?” Jesus sê dan in Matteus 7:7, “Bid, en vir julle sal gegee word ...”
Hierdie is eeueoue vrae wat meeste gelowiges hulself al gedurende hulle wandel met die Here afgevra het. Is dit omdat God meer vir ander omgee as vir jou, of dalk net sekere geheime gebede verhoor wat jy nie van kennis dra nie? En indien dit die geval is, waarom dan bid as God reeds besluit het of Hy gaan antwoord, of nie. Die vraag is egter: Weet jy wat God van jou verwag wanneer jy bid?
In Die geheime van effektiewe gebed ondersoek en beantwoord Stephan Joubert hierdie vrae en meer, en lei die leser op ’n heerlike en interessante ontdekkingsreis deur Habakuk in die Woord waar die geheime van effektiewe gebed gevind kan word. In hierdie gebedsgids sal jy die sleutels ontdek van hoe om waarlik volgens God se wil te bid, Hom in die proses te eer en te verheerlik, en jou daaglikse kommunikasie met Hom na nuwe vlakke van vreugde en vervulling te neem.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Prof Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op allerlei buite-die-boks-maniere te dien. Stephan is die stiger van eKerk, en preek gereeld by gemeentes soos KSM (Kerk Sonder Mure) in Centurion, waarvan hy ook die medestigter is. Stephan is ’n buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n gereelde navorsingsgenoot in teologie. Stephan se boek Jesus - ’n radikale sprong is in 2010 bekroon met die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek. Hy is die skrywer van LUCA se Vat die regte pad – Jesus s’n en In die teenwoordigheid van die Allerhoogste.
Klik hier vir nog boeke uit Stephan se pen.