Uittreksel | Die anderste meisie
Die anderste meisie deur Magda Schmidt
Petra en Wouter bots toe hulle mekaar die eerste keer ontmoet. Wouter glo die “lyflike aspekte” is die belangrikste element in ’n verhouding. Petra verskil en opper die eienskappe wat “vir enige intelligente vrou” veel sterker weeg: volwassenheid, betroubaarheid en geesgenootskap.
Teen sy sin boei Petra se lys vir Wouter en hy nooi haar saam Magaliesberge toe. Hy besef gou hy is dolverlief op dié anderste meisie. Petra begin self lief raak vir die selferkende rokjagter.
Maar sal sy hom ooit volkome kan vertrou?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Magda Schmidt was vir 20 jaar ’n dosent in Afrikaans voordat sy afgetree het om voltyds stories te skryf. Sy is van kleins af dol oor liefdesverhale en is ’n gebore romantikus.
Klik hier vir nog boeke uit Magda se pen.