Uittreksel | Belowe my
Belowe my deur El Bester
Sonia is mal oor haar werk as vlugparamedikus. Maar sy moet noodvlugte in gevaarlike omstandighede uitvoer en sukkel om die regte man te ontmoet.
Tydens ’n donderstorm in die Drakensberge word sy gestrand saam met Adriaan Reuters, ’n aantreklike besigheidsman. Hul wêrelde verskil hemelsbreed, tog eindig hulle in mekaar se arms op.
Sonia probeer die voorval afmaak as ’n sameloop van omstandighede, maar sy kan Adriaan nie vergeet nie. Dan kom sien hy haar met ’n versoek wat sy nie kan weerstaan nie.
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
El Bester is ’n storieverteller, skrywer en voormalige filmredigeerder. Sy en haar man woon in die Karoo, waar sy sedert grendeltyd voltyds skryf. Haar drie lewenslustige kinders dien as inspirasie, en haar man is haar grootste ondersteuner.
Klik hier vir nog boeke uit El se pen.