Uittreksel | Ballade van die liefde
Ballade van die liefde deur Mari Roberts
Carli en Ruben ken mekaar al van Graad 1 af. Toe hulle op universiteit trou, is Ruben se ouers hewig daarteen gekant. Ruben verdwyn en Carli vlug, verneder. Kort daarna ontdek sy sy is swanger.
Ses jaar later ontmoet hulle weer toe Ruben die reservaat besoek waar Carli werk. Ruben vind uit hy het ’n dogter en eis dat Carli en hul dogter ’n vakansie saam met hom in die Kaap deurbring.
Kan hulle mekaar weer leer vertrou?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Meer oor die skrywer
Ná haar sorgvrye kinderjare op Upington het Mari Roberts ontdek dat plekke soos Knysna nie bloot ’n mite is wat net op TV bestaan nie. Ná haar studie aan die Hugenote Kollege het sy liefdesverhale begin skryf. Behalwe haar man, drie kinders en honde wat aandag verg, ruim sy broodnodige tyd in vir skaak, blokkiesraaisels en haar passie vir skryf en lees.
Klik hier vir nog boeke uit Mari se pen.