Skip to main content

Sylvester, Ramkat van die groot-karoo, en nog 21 lekker lees legendes | Ware verhale en staaltjies - Wendy Maartens & Linki Brand

In hierdie besonders geïllustreerde boek het meesterstorieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê.

Lees oor die avonture van Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, en ontdek hoe Job Maseko ’n oorlogskip gesink het! Ontmoet vir Tyl Uilspieël en juig saam oor die seun wat kaalvoet deur ‘n oorlog gestap het. Hierdie versamelbundel is perfek vir voorlees of selflees. ’n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!

Stories:

Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo

Ontmoet Tyl Uilspieël

’n Sakdoek vir ’n San-seuntjie

Die oorlog tussen die diere en die voëls

Die tokkelossie en die bok 

Hond en Boer word beste vriende

Job Maseko sink ‘n oorlogskip

Heldermuis en Joors Jorie

Hen loop weg

Kaptein Seeley, Kimberley se waterwoef 

Tyl Uilspieël word ’n touloper

Red die bruid!

Die dag toe Mens en Vuur ontmoet het

Sjeg Yusuf en die skaapwagtertjie

Mossie maar man!

Renier de Winnaar se sterk tabak

Dans van die Luislang

Die seun wat kaalvoet deur ’n oorlog gestap het

Ikram en die klip

Waarom Hond en sy maats onder mekaar se sterte ruik

Renier de Winnaar en die donderwolke

Die Gat-in-die-Muur