Spits jou ore | LAPA se oudioboeke is hier!
LAPA is trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se Dinge wat ek nie van skape geweet het nie die eerste oudioboek uit ons stal sal wees wat jy kan aankoop op Audible en ander digitale platforms!
Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir tieners, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word en Vis & Tjips.
In die laaste paar jaar het oudioboeke ’n opbloei beleef weens die sakpas mobiliteit van die boeke, en hoe aanloklik dit vir mense is wat nie lesers is nie. Daar is beslis ’n luisterkultuur (musiek, podcasts, radio)van mense wat ontvlugting en ontspanning soek in gehoor en nie noodwendig in die geskrewe woord nie. Daar is selfs ’n tikkie nostalgie aan luisterboeke verbonde; asof jou ma of pa weer vir jou voorlees. Vir bejaarde mense wat gekonfronteer word met piepklein teks en atiritis kan oudioboeke ook ’n waardevolle hulpbron wees.
’n Eksentrieke ouma. ’n Hardekwas tiener. ’n Road trip deur die Karoo. ’n Gesteelde skaap. ’n Onvergeetlike avontuur. Dinge wat ek nie van skape geweet het nie is nou beskikbaar: https://adbl.co/2LIQqAE